![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
The BOC Challenge 1994-1995 Results:
Jean Jacques Provoyeur
Overall Results:
First Class: Boats 51-60 feet long
Provoyeur Novell South Africa
5th Place /
133 dAYS 05h 11m 41s /
8.20 knots /
South Africa
Taken from Die Burger ( Afrikaans News paper)
Aktueel
Provoyeur se jag sal reg wees vir moordende 3de alleenskof
Jean-Jacques Provoyeur, op Novell South Africa, hou die weer dop .
Eben Human
KAAPSTAD. Herstelwerk aan die Suid-Afrikaanse seiljagvaarder Jean Jacques Provoyeur
se seiljag Novell South Africa is in Sydney vertraag weens reën, maar hy sal betyds
reg wees vir die wegspring Sondag in die derde skof van die BOC Alleenvaart om die
Wêreld. 'n Nuwe boom vir die jag is in Kaapstad gemaak en het reeds in Australië
aangekom. ``Ek het die skade opgedoen in dieselfde storm waarin die mas van Isabelle
Autissier se jag suid van Marion-eiland gebreek het. Ek was aan 't ontbyt
(graanvlokkies) eet toe my jag plat geslaan is,'' vertel Provoyeur van sy ervaring
in die tweede skof van Kaapstad na Sydney. Provoyeur sê hy het eers net probeer om
nie van sy ontbyt te mors nie nadat 'n groot golf hom van die kant getref het, maar
hy kon hoor daar was nie ernstige skade nie. Hy skat die beskadigde boom het hom
sowat agtien uur gekos op die tweede skof en hy is vasbeslote om te probeer verbeter
op sy algeheel vierde plek in klas 1. ``Daar is oomblikke op die diepsee wanneer
die koue, nattigheid en eensaamheid te veel raak en jy voel jy wil jou onttrek,''
erken Provoyeur. ``Dan verlang jy na jou huis, 'n warm stort en 'n lekker ete.''
Dit is dan wanneer hy liewer sy gedagtes probeer aflei deur na musiek te luister,
'n boek te lees of met die ander ouens oor die radio te skerts, vertel hy.
Die Kapenaar sê hy ding tans op erg ongelyke voet mee in die alleenvaart en dit
is duidelik frustrerend vir dié baie vaardige seiljagvaarder met 'n enorme veggees.
Die jag van die skofwenner, Christophe Auguin van Frankryk, weeg maar 7 ton teenoor
Novell South Africa se 13 ton. ``Dit gaan my waarskynlik nog baie jare kos om al my
skuld te betaal ná hierdie wedvaart. Maar ek doen dit graag vir my land,'' het
Provoyeur bygevoeg. Hy sê hy sal so 'n wedvaart net weer aandurf as hy 'n baie groot
borg en 'n goeie jag het waarmee hy 'n kans op 'n algehele oorwinning het. Provoyeur
het ook laat deurskemer dat hy verbaas was daaroor dat sy vriend Jean Luc van den
Heede toegelaat is om hulp te kry om van 'n sandbank gesleep te word en toe nie geskors
is nie. Die organiseerders het waarskynlik teen die Fransman se skorsing besluit omdat
nou net veertien van die twintig alleenvaarders oor is in die wedvaart nadat die
bejaarde Brit Harry Mitchell op Henry Hornblower ook Sydney veilig bereik het. 'n
Moordende derde skof lê nou voor. Die vaarders gaan nog verder suid seil waar die
gevaar van ysberge is voordat hulle om Kaap Hoorn aan die suidpunt van Suid-Amerika
gaan draai onderweg na Punta del Este. Dit is in hierdie moeilike skof dat die
Suid-Afrikaner John Martin in die laaste Wêreldvaart op dramatiese wyse deur sy
landgenoot Bertie Reed gered is.
seiljagte
Life seen from a South African
| comment | |